10 Goeie Redes om Ayoba te Gebruik

Gratis

Dit is gratis om Ayoba te gebruik. Jy het data nodig om boodskappe en lêers na jou kontakte te stuur, maar party netwerke (bv. MTN) stel hierdie data ook gratis beskikbaar.

Deel En Geniet

Deel video’s, beelde, oudio en ander lêers met jou kontakte.

Vinnige Verbinding

Gebruik jou bestaande adresboek om vinnig en maklik met jou kontakte in verbinding te tree.

Oproepe

Maak oproepe binne die app deur stemverbinding te gebruik.

Gesels Nou

Stuur en ontvang teks- en stemboodskappe direk na en van enigeen van jou kontakte.

Veilig

End-tot-end-enkripsie beteken dat boodskappe tydens ‘n gesprek nie deur enige iemand anders gelees kan word nie.

Gesels Met Almal

Stuur SMS-teksboodskappe na enige iemand in jou kontaklys, ongeag of hulle Ayoba geïnstalleer het of nie.

Kom Ons Ontmoet

Deel jou intydse ligging met jou Ayoba-kontakte.

Groepsgesprek

Hoe meer siele hoe meer vreugde! Skep groepsgesprekke om maklik en gelyktydig met vriende en familie te kommunikeer.

Geldoorplasings

Doen en ontvang betalings via Mobile Money. (binnekort beskikbaar)

Oor Ayoba

Ayoba is ‘n gratis kitsboodskap-app,

deur Afrikane vir Afrikane ontwerp.

Al is Afrika een kontinent, is dit die tuiste van honderde unieke kulture. Ons vier Afrika se diversiteit deur die dienslewering van ‘n wêreldklas boodskapplatform wat plaaslike behoeftes en aspirasies weerspieël.

Gesofistikeerde end-tot-end-enkripsie is van die begin af deur Ayoba geïnkorporeer om die veiligheid van data en die privaatheid van ons gebruikers te verseker. Dit beteken dat boodskappe in ‘n gesprek nie deur enige iemand anders gelees kan word nie, selfs nie die span by Ayoba nie.

Ons inklusiewe benadering tot tegnologie beteken dat Ayoba-gebruikers met enige iemand met ‘n sellulêre toestel kan kommunikeer, selfs al het hulle nog nie die Ayoba-app nie.

Tans kan Ayoba deur enige iemand met ‘n Android selfoon afgelaai word (toegang na ander platforms en toestelle volg binnekort!). Daar by het ons ‘n strategiese ooreenkoms met MTN, wat beteken dat ons gratis* Ayoba-data aan alle MTN-intekenaars kan verskaf vir wanneer hulle boodskappe, prente, video’s en ander media aan hulle kontakte stuur. Verder sal elke respons op Ayoba-boodskappe ook gratis* vir MTN-intekenaars wees, ongeag of hulle die app gebruik of nie.

Wat is volgende vir Ayoba?

Ons beplan ‘n aantal opwindende innovasies vir die volgende paar maande met die uitbreiding van ons diens in Afrika. Hierby ingesluit is die stuur en ontvang van geld binne Ayoba na en van kontakte in Afrika, deur Mobile Money.