Ayoba se Kitsboodskap-App - V&A

Begin / Hoe Om Te Begin

Bystand

Indien jy enige bystand benodig of die Span van Ayoba wil kontak, besoek Ayoba.me/contact.

Aflaai en Installering

Hoe laai ek Ayoba af?

Jy kan enige tyd die Ayoba-webwerf besoek om die App af te laai. As jy ‘n MTN-gebruiker is, kan jy Ayoba verniet aflaai, sonder om jou data te gebruik.   

  • Google Play Store

Jy kan Ayoba ook van Google Play Store aflaai. Maak net die Play Store oop, soek na Ayoba, en laai dit af om Ayoba te begin gebruik.

Hoe doen ek opdaterings op Ayoba?

Ayoba kan opgedateer word op Google Play Store; of

Die Ayoba-App is tans net beskikbaar vir Android-fone (ander weergawes sal binnekort beskikbaar wees!). Om op te dateer, gaan na Google Play Store, tik dan op Menu > My apps & games.Tik op UPDATE langs Ayoba! Gratis Kitsboodskappe.

Alternatiewelik, gaan na die Play Store en soek na Ayoba. Tik op UPDATE onder Ayoba! Gratis Kitsboodskappe.

Op die Ayoba-webwerf

Jy kan jou Ayoba-App ook op ons webwerf opdateer. Besoek net Ayoba.me/download

Hoe herinstalleer ek Ayoba?

Om die Ayoba-App te herinstalleer, moet jy dit eers van jou foon verwyder. Ons stel voor jy doen eers ‘n rugsteun van jou geselsies voordat jy tot hierdie stap oorgaan. Tik net op Menu, kies Instellings, tik dan op Maintenance, en kies Gespreksrugsteun.  

Dit sal help dat al jou geselsies veilig in die Cloud gestoor word, en jou toelaat om jou geselsgeskiedenis te herlaai, indien nodig. Let net daarop dat jou rugsteuns nie plaaslik op jou toestel gestoor word nie, en dat jy dus toegang tot die internet moet hê om ‘n rugsteun te maak.  

Volg asseblief hierdie stappe om Ayoba te verwyder en te herinstalleer:

Opsie 1:

  • Raak aan die Ayoba-ikoon op die Home-skerm en hou so totdat die ikoon begin wikkel.
  • Tik op die X in die hoek van die Ayoba-ikoon.
  • Tik op Skrap om die App en al sy data te verwyder.
  • Druk die Home-knoppie.
  • Laai die Ayoba-App weer van Google Play Store af.
  • Herstel die rugsteun van jou geselsies deur eers op Menu te tik. Kies dan Instellings, tik op Maintenance, kies Gespreksrugsteun, en herstel.
  • Jy kan ook enige tyd die Ayoba-webwerf besoek om die App af te laai en te herinstalleer. As jy ‘n MTN-gebruiker is, kan jy enige tyd die Ayoba-App verniet* aflaai, sonder om jou data te gebruik.

*Gedurende die promosietydperk

Opsie 2:

  • Raak aan die Ayoba-ikoon op die Home-skerm, hou dit so en sleep dit na die rommelmandjie / Uninstall bin.
    • Kies Uninstall om te bevestig dat die App en al die data verwyder moet word.
    • Druk die Home-knoppie.
    • Laai Ayoba weer van Google Play Store af.
  • Herstel die rugsteun van jou geselsies deur eers op Menu te tik. Kies dan Instellings, tik op Maintenance, kies Gespreksrugsteun, en herstel.
  • Jy kan ook enige tyd die Ayoba-webwerf besoek om die App af te laai en te herinstalleer. As jy ‘n MTN-gebruiker is, kan jy enige tyd die Ayoba-App verniet* aflaai, sonder om jou data te gebruik.

*Gedurende die promosietydperk

Verifiëring

Hoe verifieer ek my nommer?

Sodra jy klaar die App afgelaai het, maak dit oop en volg hierdie stappe:

  1. Vul jou volle naam in.
  2. Kies jou land op die afrollys. Jou landskode sal outomaties by jou telefoonnommer ingevul word.
  3. Vul jou telefoonnommer in die boks daaronder in.
  4. Tik op Verifieer om ‘n kode te versoek.
  5. Vul die 6-syfer-kode in wat jy per SMS ontvang.
Ek het nie ‘n 6-syfer-kode per SMS ontvang nie
  • Wag tot die afteltyd verby is en kies dan weer Send SMS.
  • Moenie die kode raai nie. Jy gaan vir ‘n tydperk uit jou rekening gesluit word. Dit is ‘n veiligheidsmaatreël om seker te maak niemand anders het toegang tot jou rekening nie.
As die probleem voortduur, probeer asseblief die volgende:
  • Reboot jou foon. (Om jou foon te reboot, sit dit af, wag 30 sekondes en sit dit weer aan.)
  • Verwyder en herinstalleer die nuutste weergawe van Ayoba.

Kan ek Ayoba op twee toestelle gebruik?

Jou Ayoba-rekening kan net met een nommer op een toestel geverifieer word. Al het jy ‘n dubbel-SIM-foon, moet jy in gedagte hou dat jy steeds een nommer moet kies om met Ayoba te verifieer. Daar is geen opsie vir ‘n Ayoba-rekening met twee telefoonnommers nie.

Moet ek weer registreer as ek die App verwyder en herinstalleer?

Nee, jy hoef nie. Al wat jy moet doen, is om Ayoba weer van Google Play Store of van Ayoba.me/download af te laai. Vul jou naam in, kies jou land op die afrollys, vul jou telefoonnommer in en kies Verifieer.

Let wel: As jy ‘n rugsteun gemaak het van jou geselsgeskiedenis voordat jy die App verwyder en herinstalleer het, sal jou geselsgeskiedenis outomaties herstel word.

Gebruik van Ayoba

Rekening- en Profielbestuur

Hoe laai ek my Profielfoto of dateer dit op?

As jy nog nie ‘n Profielfoto gekies het nie:

  1. Maak op die App die Kieslys links bo oop.
  2. Tik op die Edit-ikoon.
  3. Tik op die Profielfoto > Kamera-ikoon.
  4. Kies ‘n foto uit jou galery om as jou Profielfoto te gebruik.

As jy reeds ‘n bestaande Profielfoto het:

  1. Maak op die App die Kieslys links bo oop.
  2. Tik op jou Profielfoto of die Edit- ikoon.
  3. As jy die Edit-ikoon kies, tik op jou Profielfoto > Kamera-ikoon.
  4. Kies ‘n foto uit jou galery om jou bestaande foto te verander.

Kan ek my Vertoonnaam opdateer?

  1. Maak op die App die Kieslys links bo oop.
  2. Tik op jou Vertoonnaam of die Edit-ikoon, en verander dan jou Vertoonnaam of tik ‘n nuwe in.

Hoe kan ek my Status byvoeg of opdateer?

  1. Maak op die App die Kieslys links bo oop.
  2. Tik op jou Status of die Edit-ikoon.  
  3. Voeg ‘n nuwe Status by en kies die Regmerk-ikoon om te bevestig, of kies ‘n Status op jou lys van vorige Statusse.

Let wel: As jy ‘n kontak geblok het, kan daardie persoon nie jou Profielfoto of jou Statusopdaterings sien nie.

Hoe verwyder ek my rekening?

Hier is ‘n paar maklike stappe wat jy kan volg as jy besluit om jou rekening te verwyder. Let wel, hierdie proses kan onder geen omstandighede omgekeer word nie, selfs nie deur die Span van Ayoba nie, so maak asseblief seker dat jy dit wel wil doen.  

Volg hierdie vier stappe:

  1. Maak die Ayoba-App oop.
  2. Maak op die App die Kieslys links bo oop.
  3. Boonste Instellings > Onderhoud > Skrap jou rekening.
  4. Bevestig deur op OK te tik.

Verwydering van jou rekening sal:

  • Jou Ayoba-rekening permanent verwyder;
  • Jou boodskap-geskiedenis uitvee;
  • Jou dadelik van al jou Ayoba-groepe verwyder.

Dis belangrik om op die volgende te let:

  • Jy sal nie toegang tot jou rekening hê nie.
  • Verwydering van jou rekening affekteer nie die inligting wat ander gebruikers van jou het nie, soos hulle afskrifte van boodskappe wat jy aan hulle gestuur het.
  • Afskrifte van sekere materiaal (bv. logrekords) kan in ons databasis bly, maar word nie met persoonlike identifiseerders verbind nie.

Kan ek Ayoba op my nuwe foon gebruik?  

As jy van een tipe foon na ‘n ander oorgaan en jou telefoonnommer behou, sal jy jou rekening-inligting behou. Jou rekening-inligting is aan jou telefoonnommer gekoppel. Laai net Ayoba op jou nuwe foon af en verifieer jou nommer.

As jy van een tipe foon na ‘n ander oorgaan en nie jou telefoonnommer behou nie, laai Ayoba op die nuwe foon af en verifieer jou nuwe telefoonnommer.

Hoe verander ek die taal op Ayoba?

Verander jou foon se taal as volg:

Android: Gaan na jou foon se Instellings > System > Languages & input > Languages. Kies ‘n taal.

As jy ‘n Android-foon gebruik, kan jy ook Ayoba se taal binne die App verander. Om dit te doen, tik net op die Kieslys, kies Instellings en tik op Onderhoud.

Prys / Koste

Ayoba-gebruikerskoste

Hoeveel kos dit om teksboodskappe of medialêers op Ayoba te stuur?

Ayoba gebruik jou foon se internetkonneksie (4G/3G/2G/Edge of Wi-Fi) om boodskappe na jou vriende en familie te stuur en te ontvang. Die koste van die data wat gebruik word om boodskappe te stuur en te ontvang, sal afhang van die tipe pakket wat jy by jou diensverskaffer het. Jy moet seker maak dat jy nie jou datalimiet oorskry nie. Alternatiewelik kan jy Ayoba gebruik terwyl jy aan ‘n Wi-Fi-netwerk gekoppel is, wat dalk verniet kan wees.

Ayoba is in vennootskap met MTN, Afrika se grootste sellulêre operateur, om gratis* Ayoba-data aan MTN-intekenare te voorsien (onderhewig aan ‘n billike gebruiksbeleid). Dit beteken dat MTN-intekenare teksboodskappe, oudio, video’s, beelde en ander lêers binne die Ayoba-App kan stuur sonder enige addisionele datakoste.

*Gedurende die promosietydperk

Hoeveel kos dit om stemoproepe met Ayoba te maak?

Jy kan stemoproepe van die Ayoba-App na enige van jou Ayoba-kontakte maak. Die oproepkoste is dieselfde as ‘n standaard-stemoproep en sal gebruik maak van jou beskikbare lugtyd of die aantal minute wat jy beskikbaar het. Dit is belangrik om te onthou dat ‘n oproep binne die App nie data gebruik nie en nie verniet is nie.

Koste vir gebruikers wat nie op Ayoba is nie

Het ek die Ayoba-App nodig om boodskappe te stuur na of te ontvang van vriende en familie wat Ayoba gebruik?

Ayoba werk die beste as jy kommunikeer met iemand wat ook Ayoba op sy of haar foon het. Nogtans het ons ‘n spesiale poging aangewend om almal in te sluit. In teenstelling met ander kitsboodskap-apps, kan jy met enigiemand gesels, ongeag of hulle die Ayoba-App het of nie.

Boodskappe wat via Ayoba gestuur word na jou kontakte wat nie die Ayoba-App het nie, sal by hulle afgelewer word as SMS-teksboodskappe. Dit sal skakels insluit na beelde of lêers wat op kontakte se webblaaiers gekyk kan word.

In die  meeste lande beteken ons vennootskap met MTN dat jou kontak as ‘n MTN-intekenaar deur middel van ‘n SMS op jou boodskap kan reageer en dat jy dit maklik in jou Ayoba-App kan ontvang. Ons vennootskap met MTN beteken ook dat hierdie SMS-antwoorde verniet gestuur kan word.

Indien van jou kontakte nie MTN-intekenare is nie, kan hulle steeds jou Ayoba-boodskappe deur middel van SMS’e ontvang, maar hulle sal nie daarop kan antwoord nie. Hulle sal oor hierdie beperking ingelig word. In hierdie stadium is die beste oplossing vir sodanige kontakte om die Ayoba-App af te laai.

Hoeveel kos dit as ek nie die Ayoba-App op my toestel het nie?

As jy ‘n MTN-gebruiker is en jy het nie die Ayoba-App op jou foon nie, kan jy steeds Ayoba-gebruikers se SMS-teksboodskappe beantwoord. Hierdie SMS-antwoorde sal verniet wees.  

As jy nie ‘n MTN-gebruiker is nie, sal jy Ayoba-boodskappe per SMS-teks kry, maar nie kan antwoord nie. Geniet die volle Ayoba-ervaring deur die App af te laai van Google Play Store of Ayoba.me/download.

Nulkoers-data word vir ‘n promosietydperk voorsien en ‘n billike gebruiksbeleid kan geld.

As jy ‘n MTN-intekenaar is, kan jy sommer nou dadelik Ayoba verniet aflaai by Ayoba.me/download.  Of jy kan die Google Play Store besoek

Veiligheid

Is dit veilig om Ayoba te gebruik?

Om jou data veilig te hou en ook jou privaatheid te verseker, maak Ayoba gebruik van gesofistikeerde end-tot-end-enkripsie. Dit verseker dat slegs jy en diegene met wie jy kommunikeer, sal kan lees wat gestuur word. Niemand anders sal jou boodskappe kan lees nie, nie eers die Span van Ayoba nie.

Ons sal nooit sonder jou toestemming jou inligting met ʼn derde party deel nie. Jy kan jou Privaatheidstellings binne die App bestuur. Gaan na die Kieslys, kies Boodskappe, en tik dan op Privaatheid. Ons beveel ook aan dat jy ons Privaatheidsbeleid by Ayoba.me/termsandconditions besigtig.

Verlore en gesteelde selfone

My selfoon het verlore geraak of is gesteel. Wat moet ek nou doen?

  • Indien jou foon verlore geraak het of gesteel is, kan ons jou help om jou Ayoba-rekening teen ongemagtigde gebruik te beveilig. Volg asseblief die stappe hier onder.
  • Ons stel ook voor dat jy jou selfoonverskaffer so gou as moontlik skakel sodat jou SIM-kaart geblok kan word ten einde te voorkom dat dit deur iemand anders gebruik word. Terwyl jou SIM-kaart geblok is, sal jy nie jou Ayoba-rekening kan verifieer met daardie spesifieke nommer nie omdat jy ʼn SMS moet ontvang om die verifiëringsproses te voltooi.

Twee opsies is beskikbaar:

  • Maak gebruik van ʼn nuwe SIM-kaart met dieselfde nommer om jou Ayoba-rekening op jou nuwe foon te aktiveer. Hierdie is die vinnigste manier om jou rekening op die gesteelde foon te deaktiveer. Ayoba kan slegs deur een selfoonnommer op een toestel geaktiveer word.
  • Kontak ons gerus by Ayoba.me/help en vul die terugvoeringsvorm in met die opskrif “Verlore/gesteelde foon, deaktiveer asseblief my rekening”. Sluit jou selfoonnommer in internasionale formaat in, soos beskryf word.

Let wel:

Dit is belangrik om die volgende te onthou: As iemand toegang tot jou foon en die Ayoba-App kan verkry – selfs al is jou SIM-kaart geblok – kan dit steeds op ʼn Wi-Fi-netwerk gebruik  word. Die Span by Ayoba kan Ayoba nie van ‘n afstand af deaktiveer nie. Ons stel dus voor dat jy ons so gou as moontlik kontak met ʼn versoek dat jou rekening gedeaktiveer word.

Hou asseblief in gedagte dat die Span van Ayoba nie toegang het tot jou selfoon se ligging nie en daarom nie jou selfoon kan opspoor nie. Let wel, jou selfoon kan dalk ʼn app hê wat jou kan help om dit vanaf  ʼn ander toestel te doen.

Indien jy jou gesprekke gerugsteun het voor jou selfoon verlore geraak het, kan jy dalk jou geselsgeskiedenis herstel.

  • ʼn Rugsteun word outomaties elke 24 uur gedoen, mits jou selfoon aan die internet gekoppel is.
  • Gebruikers kan nie die rugsteun-proses aktiveer of deaktiveer nie.
  • Gebruikers kan slegs ʼn nuwe rugsteun begin deur te tik op: Kieslys > Instellings > Onderhoud > Rugsteun Gesprekke.
  • Elke rekening het net een rugsteun. Indien ʼn nuwe een deur middel van “Rugsteun Gesprekke” geskep word, sal dit jou vorige rugsteun vervang.
  • Rugsteuns word eers ná die intekenproses herstel – kort na die OTP-verifiëring.  

Jou veiligheid

Kan ek onvanpaste inhoud rapporteer?

Ons wil te alle tye jou veiligheid verseker. Rapporteer asseblief enige onvanpaste inhoud by Ayoba.me/contact, en kies dan die opsie “Rapporteer onvanpaste inhoud”. Ons sal dan ondersoek instel en optree, indien nodig.

Let wel, hoewel ons nie noodwendig ons ondersoekbevindings met jou sal kan deel nie, kan jy verseker wees dat alle klagtes vir ons belangrik is.

Kan ek ʼn klag teen ʼn ander gebruiker registreer?

Die veiligheid van ons gebruikers is vir ons van groot belang, en ons aanvaar geen beledigende of aanvallende gedrag deur gebruikers nie. Besoek asseblief  Ayoba.me/contact, en kies die opsie “Rapporteer  ʼn gebruiker”. Ons sal dan ondersoek instel en optree, indien nodig.

Let wel, hoewel ons nie noodwendig ons ondersoekbevindings met jou sal kan deel nie, kan jy verseker wees dat alle klagtes vir ons belangrik is.

Gesels Via Ayoba

Kan ek die kontakbesonderhede van my kontakte via Ayoba deel?

Ja, jy kan! Tik op + (ikoon vir nuwe gesprek) om ‘n nuwe gesprek te begin en tik dan op die Aanhegsel-ikoon. Kies Kontak, en tik dan net op die kontak wat jy wil deel.

Kan ek beelde via Ayoba deel?

Jy kan maklik jou gunsteling-selfies en -foto’s via Ayoba deel. Tik op + (ikoon vir nuwe gesprek) om ‘n nuwe gesprek te begin en tik dan op die Aanhegsel-ikoon. Kies Galery om toegang te verkry tot daardie beelde in jou biblioteek wat jy wil stuur. Jy kan ook op Kamera tik om ‘n foto te neem en terselfdertyd te stuur.

Kan ek my ligging via Ayoba deel?

Deel jou ligging met jou kontakte deur net op + (ikoon vir nuwe gesprek) te tik om ‘n nuwe gesprek aan te knoop. Tik dan op die Aanhegsel-ikoon, en kies Ligging.

Kan ek stemboodskappe via Ayoba stuur?

Jy kan ‘n kort stemboodskap na ‘n ander Ayoba-gebruiker stuur deur net op die Mikrofoon-ikoon in die hoek regs onder op jou gesprekskerm te tik. Jy kan ook ‘n nuwe gespreksboodskap skep deur die + (ikoon vir nuwe gesprek) te gebruik. Tik dan op die Aanhegsel-ikoon, kies Oudio, tik op die Mikrofoon-ikoon, en neem jou boodskap op.

Ek moet ‘n lêer of dokument stuur. Kan ek Ayoba gebruik?

Stuur lêers deur op + (ikoon vir nuwe gesprek) te tik om ‘n nuwe gesprek te begin. Tik dan op die Aanhegsel-ikoon, en kies Lêer. Blaai nou deur jou toestel, kies die betrokke lêer en deel dit met jou kontakte.

Hoe beantwoord ek boodskappe?

Tik op die boodskap wat jy graag wil sien. Gebruik die skryfbalk onderaan die skerm, tik jou antwoord en stuur. Baie maklik.

Kan ek boodskappe deel of aan my Ayoba-kontakte stuur?

Jy kan boodskappe, oudio-lêers, beelde en kontakte aanstuur deur op die boodskap wat jy wil stuur te tik en dit in te hou. Tik dan op jou skerm op die pyltjie wat regs wys in die hoek regs bo, kies die kontak met wie jy die boodskap wil deel, en tik op Stuur. Die inhoud sal Gestuur gemerk wees. Jy sal ook ‘n kennisgewing ontvang dat die boodskap aangestuur is.

Hoe verwyder ek ou of ongewenste boodskappe?

Tik op die boodskap op die gesprekskerm en hou dit in. Kies dan die Rommelmandjie-ikoon boaan die skerm, en bevestig jou keuse.

Kan ek my gesprekke na ‘n argieflys skuif?

Nee, Ayoba bied nie (tans) die opsie om gesprekke na ‘n argieflys te skuif nie. As jy ‘n gesprek van jou gespreklys wil verwyder, kan jy dit skrap. Dit is egter permanent en jy sal dit nie later kan herwin nie.

Kan ek my gesprekke op verskillende maniere sorteer?

Jou gesprekke word altyd gesorteer volgens die tyd van ontvangs. Die mees onlangse gesprekke sal boaan die lys verskyn. Jy kan hierdie sorteermetode nie (tans) in Ayoba verander nie.

Hoe verwyder ek gesprekke?

Gaan na Ayoba se hoofskerm, tik op die gesprek wat jy wil verwyder en hou dit in. Kies dan die Rommelmandjie-ikoon boaan die skerm en bevestig jou keuse.

Hoe skep ek ‘n groepsgesprek en nooi my kontakte?

Tik op + (ikoon vir nuwe gesprek), kies die opsie vir NUWE GROEP, en voeg die kontakte by wat jy by jou groepsgesprek wil insluit. Nou moet jy net die gesprek begin.

Hoe verlaat ek ‘n groepsgesprek?

Jy kan enige groepsgesprek op enige stadium verlaat. Tik op die Groepsgesprek-ikoon boaan jou gesprekskerm, kies VERLAAT DIE GROEP, en bevestig jou keuse.

Hoe verwyder ek ‘n groepsgesprek?

Om ‘n groepsgesprek te verwyder, tik op die betrokke groepsgesprek op die hoofskerm en hou dit in. Kies dan die Rommelmandjie-ikoon, en bevestig jou keuse. Jy kan ook op hierdie stadium besluit om die groep te verlaat.

Wanneer jy ‘n groepsgesprek verwyder, verwyder jy slegs die groep se boodskappe van jou eie toestel. Die gesprek word nie vir ander lede van die groep verwyder nie.

Wat doen die Groepsbestuurder?

Die Groepsbestuurder kan ‘n groep skep en lede byvoeg of verwyder.

Kan ek iemand anders die Groepsbestuurder maak?

Beheer kan nie aan iemand anders oorgedra word nie.

Kan ons meer as een Groepsbestuurder hê?

Nee, daar kan nie meer as een Groepsbestuurder wees nie.

Ek is by ‘n groep ingesluit. Kan ek vorige gesprekke sien?

Wanneer jy by ‘n groep ingesluit word, sal jy nie boodskappe en gesprekke kan sien wat voor jou aansluiting gestuur en gevoer is nie.

Hoe herwin ek my gespreksgeskiedenis?

‘n Rugsteun vind outomaties elke 24 uur plaas, maar slegs wanneer daar internetverbinding is. Jy kan nie die outomatiese rugsteunproses afskakel nie.  

Jy kan egter ‘n nuwe rugsteun-kopie afdwing deur op Kieslys te tik en dan Instellings, Onderhoud en Gespreksrugsteun te kies. Dit sal ‘n veilige rugsteun van jou gesprekke in die Cloud verseker en jou ook toelaat om jou gespreksgeskiedenis te herwin, indien nodig.

Om jou Gespreksrugsteun te herstel, tik op Kieslys, kies dan Instellings, Onderhoud, Gespreksrugsteun, en herstel.

Hou asseblief in gedagte dat rugsteunkopieë nie op jou toestel gestoor word nie. Jy sal dus  internetverbinding nodig hê om rugsteune te maak.

Kan ek Outo-aflaai aanskakel vir lêers wat na my toe gestuur word?

Outo-aflaai se verstelling is by verstek AF. As jy beelde en video’s wat jy via Ayoba ontvang outomaties wil aflaai, skakel Outo-aflaai AAN. Jy kan Outo-aflaai aanskakel deur die hoofkieslys te kies en dan op Media te tik om Outo-aflaai volgens jou behoeftes op te stel. Ons beveel aan dat jy dit afgeskakel hou wanneer jy oor beperkte data beskik.

Gesprekke met nie-Ayoba-gebruikers

Kan ek met mense gesels wat nie die Ayoba-App het nie?

Jy kan boodskappe aan enige iemand via Ayoba stuur, selfs al het die ontvanger nie die App op sy/haar toestel nie. Iemand wat Ayoba nie afgelaai of geregistreer het nie, sal jou boodskappe as SMS-teksboodskappe ontvang. Dit sal, waar toepaslik, skakels na ander lêers en inhoud insluit.

Ons is in vennootskap met MTN, wat beteken dat MTN-intekenaars – selfs sonder dat die Ayoba-App by hulle geïnstalleer is – gratis op Ayoba se SMS-boodskappe kan antwoord. Nie-MTN-intekenaars sal boodskappe van Ayoba as SMS-teksboodskappe ontvang, maar sal nie daarop kan antwoord nie. Ons beveel aan dat nie-MTN-intekenaars die gratis Ayoba-App by Ayoba.me/download of die Google Play Store aflaai.

Kan ek kontakte byvoeg wat nie Ayoba gebruik nie?

Tik op die Kieslys in die hoek regs bo wanneer ‘n nuwe gesprek geskep word. Skakel Wys SMS-kontakte aan. Jy sal nou al jou kontakte kan sien, selfs diegene wat nie die Ayoba-App gebruik nie.

As enige van hierdie kontakte die Ayoba-App aflaai en registreer met die foonnommer wat in jou Kontakte gelys is, sal die Ayoba-App hulle status outomaties opdateer om te wys dat hulle as volle Ayoba-gebruikers kan optree.

Kan ek beelde of lêers stuur aan kontakte wat nie die Ayoba-App afgelaai het nie?

Jy kan beelde, video’s en skakels stuur na kontakte wat nog nie die Ayoba-App afgelaai het nie. Hierdie kontakte sal ‘n SMS-kennisgewing ontvang met ‘n skakel na die inhoud. Hou in gedagte dat datakostes dalk deur die netwerkverskaffer gehef kan word wanneer na die inhoud gekyk of dit afgelaai word.  

Ek het ‘n Ayoba-boodskap ontvang, maar het nie die App nie. Kan ek steeds na die boodskap kyk?

Jy kan kyk na teksboodskappe en lêers wat deur ‘n Ayoba-gebruiker via Ayoba gestuur is, selfs al het jy nog nie die gratis Ayoba-App afgelaai nie. Ons is in vennootskap met MTN, wat beteken dat MTN-intekenaars gratis op Ayoba se SMS-boodskappe kan reageer, selfs al het hulle nog nie die Ayoba-App op hulle toestelle geïnstalleer nie. Nie-MTN-intekenaars sal boodskappe van Ayoba as ‘n SMS ontvang, maar sal nie daarop kan reageer nie. Ons beveel aan dat nie-MTN-intekenaars die gratis Ayoba-App by Ayoba.me/download of die Google Play Store aflaai.

Bestuur Jou Kontakte

Hoe voeg ek ‘n kontak by?  

Voeg net die kontaknommer by jou foon se Kontakte. Nadat jy ‘n nuwe kontak geskep het, maak die Ayoba-App oop, tik op + (ikoon vir nuwe gesprek), en kies die nuwe kontak met wie jy wil gesels.

Die Ayoba-App sal outomaties waarneem of die betrokke kontak reeds sy of haar foonnommer by Ayoba afgelaai en geregistreer het. Indien nie, sal daardie persoon as ‘n SMS-kontak binne Ayoba wys.

Hoe verwyder ek kontakte?

Jy kan kontakte verwyder soos jy normaalweg sou, deur jou foon se Kontak-toepassing. Maak jou foon se Kontaklys oop, tik op die kontak se naam, en tik dan op die Kieslys regs bo in die hoek. Kies Skrap, en bevestig jou keuse.

Hoe Blok ek ‘n kontak?

Jy kan ‘n kontak binne Ayoba Blok deur ‘n Gesprek te open en dan op die Kieslys-ikoon in die hoek regs bo te tik. Kies Blok, en bevestig jou aksie. As jy ‘n kontak geblok het, sal jy geen verdere boodskappe of inhoud van daardie kontak ontvang nie en hy/sy sal ook nie jou Status kan sien nie. Jy sal steeds die kontak in jou Kontaklys sien, maar daar sal “Geblok” staan. As jy graag boodskappe wil stuur na of ontvang van ‘n geblokte kontak, sal jy die kontak se blokkasie moet verwyder.

Ons wil te alle tye jou veiligheid verseker. Meld asseblief enige onvanpaste inhoud of gedrag by Ayoba.me/contact aan of verwys dit na ons <Veiligheidsafdeling V&A> hier

Hoe verwyder ek die blokkasie van ‘n geblokte kontak?

Om ‘n geblokte kontak se blokkasie te verwyder, begin ‘n nuwe gesprek met + (ikoon vir nuwe gesprek), kies die betrokke kontak, gebruik die Kieslys in die hoek regs bo en tik op Skrap Blokkasie, en bevestig jou aksie. Nou kan jy weer met die kontak gesels. Die kontak sal ook nou weer nuwe boodskappe en antwoorde op jou boodskappe kan stuur en jou Status sien.

Hoe maak ek ‘n stemoproep op Ayoba?

Jy kan stemoproepe van die Ayoba-App na enige van jou Ayoba-kontakte maak. Die oproep sal dieselfde as ‘n standaard-stemoproep kos en sal gebruik maak van jou beskikbare lugtyd of aantal minute wat jy beskikbaar het. Dit is belangrik om te onthou dat ‘n oproep binne die App nie data gebruik nie en nie verniet is nie. Om ‘n stemoproep met Ayoba te maak, tik op + (ikoon vir nuwe gesprek), en tik daarna op die Foon-ikoon.